Rudolf & Mariska Sandstone Estate Bloemfontein Wedding

Mariska vertel haar storie

Op ‘n koue winterslaatmiddag hardloop ek met ‘n sweetpak en hare opgebind vinnig die bank binne om geld te trek. In my haas om uit die koue te kom groet ek ‘n werkskollega se man in die verbygang. ‘n Paar dae later vertel my kollega vir my dat haar man se vriend my graag wil ontmoet. Hy het notisie geneem van die haastige dame in haar sweetpak en sal graag homself wil voorstel. Op 30 is ek ‘n bietjie te oud vir ‘n “toe-oë-afspraak”, maar om ‘n lang verduideliking te vermy stem ek in om my nommer vir die man te gee. ‘n Paar minute later is die afspraak gereël en daar is geen omdraai kans meer nie. Die weer is goor en ek wil-wil ‘n verskoning uitdink om die afspraak te kanselleer, maar my gewete pla my. By die winkelsentrum aangekom wag die sterk aantreklike man my reeds in. Ek steek my hand uit om myself voor te stel, maar hy groet my met ‘n stewige druk. Ons vind ‘n oop tafel by ‘n koffiewinkel en begin gesels. Vier ure later is ons steeds nie uitgepraat nie, maar die dag stap aan en ons het albei ander afsprake. Na heelwat Whatsapp-boodskappe en koffie-afsprake besef ek ek is verlief en dat die man met die sterk arms en breë skouers my hart gesteel het. ‘n Paar maande later raak ons verloof en ek kan nie gelukkiger wees nie, maar weens werksverpligtinge moet Rudolf Kongo toe vir drie maande. Nadat ons sewe oseane se trane uitgehuil het styg die vliegtuig op vanaf Waterkloof-basis en drie maande se verlange en hartseer volg. Met sy terugkeer begin ons troue reël. Gedurende die hele proses het God ons ongelooflik baie geseën. Ons het elke belangrike besluit in sy hande geplaas en is nooit teleurgestel nie. Behalwe dat die tyd te vinnig verby gevlieg het, was ons troudag perfek. Die hoogtepunt was om my man se gesig te sien toe ek aan my pa se sy by die paadjie afloop. Ek het gedink ek weet wat liefde is totdat ek in sy oë gekyk het. Ek sou nooit kon dink dat emmers vol liefde in ‘n enkele traan oor ‘n man se wang vasgevang kan word nie. Twee maande later som die volgende aanhaling deur Rosemonde Gerard ons huwelik op: “For you see, each day I love you more. Today more than yesterday and less than tomorrow”.

The Service Providers

Photographer: Anneska van der Spoel / Mudboots Photography

Venue: Sandstone Sleeper Estate
Makeup: Leesya Nel
Decor and Flowers: Kathleen Party Creations
Cake:  Adriana Wessels
Hair: Ame Keyser

The Wedding Day

The beautiful bride Mariska got ready at the Hobbit Boutique Hotel and Rudolf also came over for some groom shots. This little charismatic tribute to the legendary writer J.R.R Tolkien was the perfect place to start the faery tale day. The water edge at the Sandstone sleeper estate provided a tranquil setting for the I do’s. Of course the couple shoot was the best part and off we went to Glen where fun laughter and of course kissing was all part of the moment. Mariska and Rudolf are so easy to work with. these two teachers has become like friends.

Faery lights changed the reception into a fantasy world.  We finished of the perfect day with some night shots.

Willem & Wilmari Bloemfontein Wedding

Dont stress about clouds forming on your wedding day. They make the most beautiful pictures. Shades of red with white wedding at Goose Hill

Wedding Phumla & Patric

What a beautiful wedding. Tuscan Rose staff once again out did themselves with this beautiful brightly themed wedding. The yellow decor was elegantly done. Pumla was such a beautiful happy bride. I loved the reception the most a afternoon of laughter and joy

Styled Shoot: Vintage with a touch of drama

Some of the Best Wedding Suppliers in the Free State, Bloemfontein area got together to create our own wedding adventure. Each Wedding Supplier added a little bit of themself to the overall theme to together create a masterpiece.